Whitey is gemaklik kompeterend op sy tweewiel

Hy het die Cape Argus begin ry op die ouderdom van 54 jaar oud en het vanaf 12 jaar al deelgeneem

Whitey Coertze (66) se liefde vir sport en oefen word gewys met sy passie vir fietsry.

Fietsry vir Whitey kom van sy skooldae af waar hy skool toe en terug moes ry met sy fiets, maar nou is dit vir hom ’n passie wat hy laat lyk asof hy gebore is om dit te doen.

Hy het die Cape Argus begin ry op die ouderdom van 54 jaar oud en het vanaf 12 jaar al deelgeneem.

Op sy 10de deelname by die Cape Argus is hy beloon met sy groen nommer waaronder hy deelneem, wat ook nou sy parmanente nommer is by die Cape Argus.

Whitey het nog altyd ’n liefde gehad vir sport en kompetisies.

Hy het eers op die ouderdom van 50 opgehou klubrugby speel by Highveld Rugbyklub waar hy ook 15 jaar as kaptein van die eerste span uitgedraf het.

Sy hoogtepunt op die saal van sy fiets was by sy sewende deelname by die Cape Argus saam sy seun, Roelof Coertze wat vir die eerste keer deelgeneem het; hulle het deelgeneem as pa en seun.

“Ek het my seun koud gery, maar dit was ʼn onvergeetlike oomblik toe ons hand-aan-hand oor die eindstreep kon ry.”

Roelof Coertze deel ook sy pa se liefde vir sport en harloop gereeld.

Hulle volgende uitdaging is om saam as pa en seun deel te neem aan die Comrades Marathon.

Whitey se laaste deelname was by Loskop Road Race waar hy in’n tyd van drie ure en 19 minute klaargemaak het.

Sy volgende deelname is die 94.7 Cycle Challenge op 17 November.

Om in oefening en gesond te bly ry hy gemaklik ongeveer 40 kilometer ’n dag en oor ’n naweek tussen 200 en 220 kilometer waar hy stop in Bronkhorstspruit om ’n ontbyt te geniet en weer terugry huistoe – net ’n vinnige oggenduitstappie of is dit nou ‘uittrappie’ vir Whitey.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version