Ashley droom oor Olimpiese Spele

Ashley word beskou as ’n selfstandige dogter wat graag bewys dat sy enige sport net so goed soos enige seun of dogter kan doen

Stoei is meer as net nόg ’n sport vir Ashley en sy gryp enige uitdaging aan met albei hande.

Ashley is 10 jaar oud en het begin stoei in Maart 2019 en het liefde en passie gevind vir dié sport.

Ashley is die enigste dogter tussen seuns wat op die oomblik stoei by Inyathi Stoeiklub in eMalahleni.

Haar liefde vir stoei word gevind by haar pa, Joe Barnard, wat self gestoei het.

Ashley word beskou as ’n selfstandige dogter wat graag bewys dat sy enige sport net so goed soos enige seun of dogter kan doen.

Ashley is ’n baie sterk meisie en stel groot doelwitte vir haarself.

Sy het skaars ’n paar weke nadat sy begin stoei het haar arm gebreek by ’n oefening en was buite aksie vir nege weke.

Sy het uithouvermoë gewys en het steeds met die gebreekte arm elke oefening en toernooi bygewoon al kon sy self nie stoei nie.

Ashley het al in verskeie toernooie gestoei en het goed gevaar in elkeen van hulle.

Sy stoei gereeld teen dogters en seuns van haar ouderdom- en gewigsklas.

Haar grooste prestasie tot dusver was haar tweede plek by die SA Jeug Kampioenskappe waar sy ’n silwer medalje ontvang het.

Ashley se familie is baie trots op haar en haar ma, Mariska Barnard sê, “ongeag van geslag kan jy enigiets doen as jy jou hart op dit gesit het en as jy val, maak seker jy val op jou rug en kyk op na God”, en haar pa Joe Barnard sê, “ek is’n baie trotse ouer en ondersteun enige sport wat my kinders aanpak, ons is baie geseënd om sulke pragtige hardwerkende en gesonde kinders te hê”.

Ashley is ’n baie talentvolle jong meisie met ’n blink toekoms.

Haar nuutste prestasie was Saterdag, 5 Oktober waar sy deelgeneem het aan die Umuzi Sasol toernooi waar sy vier wedstryde gestoei het teen seuns en drie van die vier gewen het en weer ʼn silwer medalje verower het.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version