Local sportSport

CW maak toe trots in Ierland

CW het tydens ʼn vorige wêreldkampioenskap in Skotland ook ’n medalje verwerf

Die jong CW Bezuidenhout het teruggekeer met twee brons medaljes van die karate wêreldbekerkampioenskappe in Dublin, Ierland.

Hy het aan die vyfde JKS Karatedo International Cup deelgeneem waar hy ’n brons medalje in die 13/14 jaar kumite afdeling verwerf het. Hy en sy span het ook in die span-afdelings ’n brons medalje ingepalm.

CW het tydens ʼn vorige wêreldkampioenskap in Skotland ook ’n medalje verwerf.

Dié kranige sportman oefen onder die wakende oog van Shihan Filip Houndalas (sewende dan) by die Samurai Dojo. Shihan Filip is self ook twee keer ʼn wenner in die wêreldkampioenskappe waar hy silwer en brons verwerf het.

“Ek is baie trots op CW en ek dink hy het vreeslik goed gevaar,” het Shihan Houndalas gesê.

Back to top button