Gholfers haal uit en wys vir Neo Doxa

Rene Prinsloo van die Neo Doxa gemeente het bygevoeg dat die dag ten bate van die WWE (World Wide Evangelism) was waar hulle 24 sendelinge ondersteun in 11 lande deur die fondsinsamelings

Wanneer die gholfbaan roep, huiwer gholfers nie om ’n heerlike dag op die baan te geniet nie.

Lidmate van die Neo Doxa gemeente het gholfstokke geswaai vir ’n fondsinsamelingsprojek vir die kerk op Vrydag 20 September en dit was ’n lieflike dag.

Sarel van Heerden het almal bedank vir hul ongelooflike bydrae en past. Renier Kleinsmith het die pryse oorhandig aan almal wat bobaasgholf gespeel het.

Kapt. Eddie Hall, Jaques Ferreira, Leon Coetzee en Ronnie Pike het koning gekaai op die baan vir die dag toe hulle as wenners van die 4-bal aangekondig is tydens die prysuitdeling.

Kapt. Eddie Hall, past. Renier Kleinsmith en Jaques Ferreira. Afwesig: Leon Coetzee en Ronnie Pike. Hulle was die wenners van die 4-bal.

Kapt. Hall het gesê: “Dit was beslis ’n dag om te onthou en ons het werklike goeie gholf gespeel. Ons het werklik gespeel vir die liefde vir die sport en het die dag vreeslik geniet.”

Rene Prinsloo van die Neo Doxa gemeente het bygevoeg dat die dag ten bate van die WWE (World Wide Evangelism) was waar hulle 24 sendelinge ondersteun in 11 lande deur die fondsinsamelings.

Die gemeente wil graag almal bedank wat deel was van die suksesdag en vir almal se bydrae.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version