Local sportSport

Skuts geniet ’n heerlike lentedag

Die doel daarvan is vir lede om hulle sportskietstatus te behou

Hoewel die wind met tye effe wou pla, het die skuts van die Hoëveld Jagtersvereniging nie geskroom om hul beste te gee nie.

Op Saterdag 21 September het hulle hul verpligte Chasa sportskietoefening gehad.

Die doel daarvan is vir lede om hulle sportskietstatus te behou.

Danie Smith.

Sportskiet is een van die woorde in vuurwapenkringe wat baie gebruik word, en ook ’n baie belangrike vereiste van die Vuurwapenwet vervul.

Die status van die toegewyde sportskut is iets wat baie van ons verwerf het en wat vir ons ’n handvol voordele gee rakende vuurwapens.

Ten spyte van die hitte en wind het daar soos altyd ’n goeie sportmangees geheers tussen die skuts.

Lede word herinner aan die laaste skietdag van die jaar op 12 Oktober waarna die Algemene Jaarvergadering sal plaasvind.

Lede en nie-lede word uitgenooi na hierdie hoogtepunt in Hoëveld Jagtersvereniging se dagboek.

Back to top button