Local sportSport

Dans asof niemand vir jou kyk nie

Lunique Kriek, ’n sewejarige dogter in Laerskool Klipfontein weet beslis hoe om litte los te maak.

Lunique Kriek, ’n sewejarige dogter in Laerskool Klipfontein weet beslis hoe om litte los te maak.

Sy dans al van die ouderdom van vyf jaar af by die Reachè Dance Academy in Reynorif.

Sy neem danslesse vir ‘Modern’, ‘Hip Hop’ en ‘Contemporary’ dans.


Lunique Kriek

Sy het op 25 Augustus deelgeneem aan die Artium Kunsfees. Sy het aan vier groepsdanse deelgeneem, twee solo’s, ‘Contemporary’ en ‘Hip Hop’ en ook ’n ‘Hip Hop’ duet waar sy en ’n ander maatjie gedans het.

Lunique is aangewys as die algehele laerskole dans afdeling wenner en is die enigste laerskooldanser wat in meer as twee afdelings deelgeneem het. Sy was ook die laerskole dans afdeling wenner van 2017. Sy is die wenner vir twee opeenvolgende jare.


Lunique Kriek

Sy het op 6 April deelgeneem aan Talent Africa in Roodepoort waar sy ook twee solos, een duet en vyf groepsdanse gedans het. Sy het vir al agt danse goue medaljes verwerf.

Lunique kan in aksie gesien word op 1 Desember 2018 met Reachè Dance Academy se jaarlikse konsert waar sy aan agt of meer danse gaan deelneem.

Back to top button