Local sportSport

Klub hengel by Manie se dam

Sewentien klublede het aangemeld vir Kosmos Hengelklub se maandelikse klubkompetisie.

Sewentien klublede het aangemeld vir Kosmos Hengelklub se maandelikse klubkompetisie.

Die klubkompetisie het op 5 Augustus plaasgevind by Manie se dam.

’n Totaal van sewe vis is gevang met ’n totale gewig van 12.97kg.


Kosmos Hengelklub se lede is (van links, agter): Nathi Zanna, Hannetjie van Vuuren, Nico Goosen, Mike van Tonder en Ernest Stoop en (voor): Adrie Meintjies en Trine Stoop.

Die grootste karp is deur Nati Zanna gevang (2.72kg). Die tweede grootste is deur Adri Meintjie gevang met ’n gewig van 2.42kg.

In die senior-afdeling het Nati gewen met 64 punte, gevolg deur Mike van Tonder op 33 punte en Nico Goosen op 28 punte. In die dames seksie het Adri gewen met 64 punte. Hannetjie van Vuuren get tweede gekom met 18 punte.

Vir enige belangstelling of navrae, kontak Jaco Nel (voorsitter): 079 876 8701 of Dave Gravett (sekretaris): 082 894 2877.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button