Local sportSport

Vrugbare naweek kompetisie vir Kosmos hengelaars

Die grootste karp is gevang deur Johan Bosman

Kosmos hengelaars het stok nat gemaak by Chrissiesmeer.

Kosmos Hengelklub se klubkompetisie is gehou op 2 en 3 April te Chrissiesmeer, Alida se water.

Sewentien klublede het aangemeld vir die kompetisie. ’n Totaal van 401 vis is gevang met ’n totale gewig van 494.465kg.

Die grootste karp is gevang deur Johan Bosman (4.835kg en die tweede grootste deur Jan Dreyer (3.385kg).

Ander uitslae is soos volg:
Seniors – Nico Goosen (45 vis – 1109.20 punte), Manie van Emmenes (51 vis – 1093 punte), Johan Bosman (42 vis – 971.55 punte).
Dames – Marelena van der Merwe (54 vis – 1229.50 punte), Magda Goosen (24 vis – 526.85 punte), Adrie Stoop (20 vis – 472.60 punte);
Juniors – Chante Goosen (6 vis – 127.85 punte), Christiaan Cronje (1 vis – 25.05 punte), Sebastiaan Cronje (1 vis – 24.20 punte).

Vir enige belangstelling of navrae kontak Jaco Nel (voorsitter): 079 876 8701 of Dave Gravett (sekretaris): 082 894 2877.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button