Hengelaars gooi hulle stokke in

Hengelaars van Kosmos Hengel Klub het hulle visstokke ingegooi by Bronkhorstspruit Dam.

Hengelaars van Kosmos Hengel Klub het hulle visstokke ingegooi by Bronkhorstspruit Dam.
Die maandelikse klub kompetisie was gehou op 6 Augustus by Bronkhorstspruit Dam.


Fanie Olivier, Niel Lourens en Leon Nell met hulle visse by Kosmos Hengel Klub se klub kompetisie by Bronkhorstspruit Dam.

18 Klublede het aan gemeld vir die kompetisie en net drie visse is in Bronkies se waters gevang. Leon Nell het eerste plek gevat met die grootste vis van 2.485kg en 34.85 punte.

Die tweede swaarste vis was gevang deur Niel Lourens met ’n 1.960kg karp, hy het in die tweede plek geëindig, in derde plek op 29 punte was Fanie Olivier.

Vir enige belangstelling of navrae kontak Jaco Nel (voorsitter) op 079 876 8701 of Dave Gravett (sekretaris) op 082 894 2877.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version