Local sportSport

Ferro’s het rede om te spog

Ferro’s spog nog ’n jaar met ’n uitstekende span en top spelers.

Ferro’s spog nog ’n jaar met ’n uitstekende span en top spelers.

Die klub se se jaareindfunksie het Vrydagaand 30 Oktober plaasgevind by die CTC lapa waar ’n aand van blink trofeë en talent van die span se uitsonderlike spelers gestraal het.
Die aand het afgeskop met ’n verwelkoming en bedanking aan borge en komiteelede vir hul bydrae vir nog ’n suksesvolle jaar.

Johan Jansen van Vuuren het eerste in die ry gestaan vir die ‘Stoute seun van die jaar trofee.’
Bennie Mashabane is aangewys as die junior span se beste speler van die jaar, asook die beste junior vordering speler.

CV146brs
Bennie Mashabane is nie net die junior span se speler van die jaar nie, maar ook die beste junior vordering speler van die jaar en Riaan Kotze (voorsitter) het die trofeë oorhandig.

Die beste senior voorspeler van die jaar trofee is aan WF Kotze oorhandig. Beste senior agterspeler is toegeken aan Christiaan Els en Ruben Opperman het met die junior agterspeler trofee gespog.

CV146crs
Christiaan Els spog met die Sewes speler van die jaar titel saam Riaan Kotze.

Christiaan Els het die gesogde trofee ontvang vir Sewes speler van die jaar.

CV146ars
Riaan Kotze (voorsitter) pryk trots saam die speler van die jaar, Willie van der Merwe.

Die laaste trofee, die van speler van die jaar is aan Willie van der Merwe oorhandig.

Die voorsitter, Riaan Kotze het bygevoeg,

“As daar teruggekyk word na die 2015 sesioen was dit ’n sesioen met gemengde welslae. Ferro’s se tweede span het ’n droom seisioen gehad deur die trofee vir die tweede agtereenvolgende jaar te kon lig om as wenners uit die stryd te tree.”

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button