Local sportSport

Son, see en ringbal

Ringbal (Korfbal) se jaarlikse Nasionale Kampioenskappe het hierdie jaar in Margate plaasgevind.

Ringbal (Korfbal) se jaarlikse Nasionale Kampioenskappe het hierdie jaar in Margate plaasgevind.
Dit het van 5 tot 10 Oktober plaasgevind het. Oud en jonk, man en vrou, het deelgeneem aan die toernooi met die verskillende afdelings van skole (o.11 tot o.17), Distrikte (o.23 tot meesters) en Federasie-spanne.

ST78ars
Die mans ringbalspan wat deelgeneem het in die Nasionale Kampioenskappe is (van links): JP Lotz, Charlie Groenewald, Steven van Eeden, Johan Scheepers, Riaan Bezuidenhout en Stefan Knoetze in hul SA kleure.

’n Totaal van 97 skole-spanne, 85 distrikspanne en 23 Federasie-spanne van regoor die land het deelgeneem aan die toernooi. Daar is 726 wedstryde in die tydperk gespeel op 19 bane by die Ugu Sports and Leisure Centre.
Mpumalanga Noordelike Distrik het weereens geskitter op die toernooi en wil graag die volgende senior spelers gelukwens met hul opname in die RSA-spanne:

Elsabe Grobler – Senior Dames President Uitnodigingspan, Zonja Labuschagne – Meester Dames RSA Uitnodigingspan, Charlie Groenewald – Senior Mans Presidentspan, Riaan Bezuidenhout – Senior Mans President Uitnodigingspan, Steven van Eeden – Senior Mans President Uitnodiginspan (Kaptein), Johan Scheepers – Senior Mans Presidentspan, Stefan Knoetze – Senior Mans Presidentspan, JP Lotz – Senior Mans President Uitnodigingspan, Mark Cubitt – Veterane Mans RSA Uitnodigingspan, Pieter Oosthuizen – Meester Mans RSA span, Sam Martin – Meester Mans RSA Uitnodigingspan, Dolf Coetzee – Meester Mans RSA Uitnodigingspan, Andre Taute – Meester Mans RSA Uitnodigingspan, Rikus Martin – o.23 Mans RSA Uitnodigingspan,
Lehandro Botha – o.23 Mans RSA span, Jurgen Barnard – o.23 RSA Uitnodigingspan en Marko Grobler – o.19 Seuns RSA span.

ST78brs
Elsabe Grobler in aksie.

Die RSA spanne speel Saterdag 24 Oktober, vertoonwedstryde te Middelburg en die eerste wedstryde begin 09:00 en die laaste wat eindig om 14:00. Heerlike eet en drinkgoed sal te koop wees en toegang is R5 per persoon.

Alle belangstellendes word genooi om die room van plaaslike talent te ondersteun en meer van ringbal te leer.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button