Local sportSport

‘Pool’ wenners vat die trofee

Hierdie span van vyf lede het begin toe drie vriende een aand ‘pool’ gespeel het en so aan die gesels geraak het oor die klub kompetisies.

Wat ’n gesellige potjie ‘pool’ was by ’n kuierplek, is nou iets waarna al die ‘pool’-liefhebbers kan uitsien. Vir ’n span wat in hul eerste jaar is, het hulle vinnig die voortou geneem as dit kom by die puntetelling.

Hierdie span van vyf lede het begin toe drie vriende een aand ‘pool’ gespeel het en so aan die gesels geraak het oor die klub kompetisies. Hulle het nog twee lede gesoek om hul span van vyf te voltooi. Johan du Preez het die span onder sy vlerk geneem. Hy is die eienaar van Die Opstal en ook van die span. Op Sondag, 20 September het hulle in Ermelo aan ’n kompetisie deelgeneem. Hulle het die Sleepersrest- span met ’n telling van 14-6 geklop. In die finale rondte het hulle teen Marco’s klub 13-11 die oorwinning behaal.

Daar was so tussen 25 en 30 spanne wat aan hierdie kompetisie deelneem.

“Ons oefen op ’n Maandag en een ander dag in die week. Daar is nie enige kriteria nodig om in ’n span te wees nie. Jy moet net goed kan wees met ‘pool’,” het JP Groenewald gesê.

Hulle het die 8-bal spel gespeel in die B-liga.

“Volgens die puntetelling wat jy as span opbou, bepaal dit wie gaan deur na volgende rondtes en ook wie gaan deur na die finale rondtes toe,” het JP ten slotte gesê.

mc254
Hier is die span (van links, agter): Johan du Preez (Eienaar), Ian Sinclaire, Tian Sinclaire, Kwagga Roos en JP Groenewald; (voor): Becker Kruger (Kaptein).

Back to top button