SA atleet nou wêreld danskampioen

Haar oog is nou op ’n onsigbare dwarslat. Wanneer sy deur die lug gesweef kom, is daar geen matras om haar val te keer. Geluidloos vind haar voete weer die grond en sy beweeg voort in haar eie grasieuse pas oor die verhoog...

Yvonne Robson, die Suid Afrikaanse hoogspring atleet, het haar atletiek skoene geruil vir dansskoene in Mei toe sy aan die 2015 DanceStar Wêreld Dans Meester kampioenskappe deelgeneem het.
Meer as 5000 dansers van regoor 30 verskillende lande het die jaar aan die Meester Dans kampioenskappe deelgeneem wat in Poreč, Kroasië plaasgevind het vanaf 20 tot 24 Mei.

Yvonne was een van vyf dansers by Stiehla Dans Studio in eMalahleni wat vroeër die jaar gekwalifiseer het om aan die kampioenskappe deel te neem.
Yvonne en twee van haar medesterre; Nicole Geldenhuys en Simoné Duvenhage, het uitgeblink tydens die kompetisie in verskeie dans-kategorieë.

Hierdie jaar was veral straf en ’n nuwe reël was ook aan die begin van die kompetisie bekendgemaak, wat gestaaf het: dat sou ’n danser meer as een dans roetine in dieselfde kategorie inskryf slegs die roetine met die hoogste telling sal geld. Enige ander roetine in dieselfde kategorie word dan gelys as ’n ‘dubbele inskrywing’.
Daar was ook hierdie jaar ’n A- en B-liga waaraan die deelnemers kon kwalifiseer gebaseer op hul algehele punte telling.

Yvonne het met twee van haar dansroetines gekwalifiseer in die B-liga, naamlik: ‘All that Jazz’ en ‘All of me’ (dubbel inskrywing). ‘All that Jazz’ het Yvonne eerste plek verower in die Ope Solo Junior afdeling.
Met haar ‘Jack in the Box’ roetine was daar onsekerheid in watter kategorie dié dansroetine hoort. Yvonne het die dans in die Musikale Teater kategorie ingeskryf en moes weer vooraf kwalifiseer, twee dae voor die kompetisie.
Die roetine was bevorder na A-liga toe die Europese paneel die roetine beoordeel het en ’n totale telling oor 62 punte gegee het.

Die beoordelaars was uit die veld geslaan tydens Yvonne se briljante uitvoering van ‘Jack in the Box’ en wen Yvonne eerste plek in die A-liga Ope Solo Junior afdeling. Sy kan trots wees op haar titel as DanceStar Ope Solo Junior Kampioen 2015

Yvonne was ook aangewys as ‘Beste Vroulike Talent’ (Best Female Talent) tydens die kompetisie.
Yvonne se ouers, familie en skool, Hoërskool Generaal Hertzog, is trots op haar ongelooflike prestasies. Vroeër die jaar was sy tydens die SA atletiek (ASA) byeenkoms aangewys as beste o.17 dogter hoogspring atleet in die land. Nou kan hul ook spog met ’n internasionale dansster!

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Witbank Nuus se webwerf:
Witbank Nuus

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n boodskap op WhatsApp met jou ‘Naam en Van’ na 082 955 7201 of teken aan op BBM 7F6C600F om jou nuusflitse gratis te ontvang.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version