Local sportSport

Nog ’n dubbeldoor oorwinning vir Shumba Ferro’s

Shumba Ferro’s het Saterdag die bordjies behoorlik verhang teen Sasol met die eerste span wat 28-19 (halftyd 7-6) en die tweedes wat 37-13 wen.

Beide spanne verdien ook volpunte en maak seker dat hulle bo-aan die liga bly.
Ferro’s se tweedes het behoorlik wraak geneem vir die verloor wedstryd in die eerste rondte teen Sasol se tweedes. Die twee jong afrigters Leon van Rensburg en Willem van Niekerk is besig om die span saam te snoer in ’n hegte eenheid wat baie aanskoulike rugby speel.

Shumba Ferro’s se Buks van Merwe en Dykan Goosen van die tweede span bly op sy voete met die bal op Saterdag 30 Mei.
Shumba Ferro’s se Buks van Merwe en Dykan Goosen van die tweede span bly op sy voete met die bal op Saterdag 30 Mei.

Hul drieë word gedruk deur Buks van der Merwe, Junior Laas (twee), Gustav Thekiso, Michael Chabant, Ken Dry en Marco Mare. Kean Dry slaag ook met die enigste doelskop.
Die Spur/Bolt & Nut speler van die wedstryd by die tweedes was Michael Chabant en die voorspeler van die wedstryd was Dylan Goosen.

Die eerstespanne het die eerste helfte ’n skaakspel gespeel waar nie een span wou bes gee op verdediging nie. Sasol se Deon Pruis slaag in die helfte met twee strafskoppe en Bennie Mashabane druk die enigste drie van die helfte vir Ferro’s.
Ferro’s se voorspelers het egter ’n wurggreep op die Sasol-manne gehad en kon Sasol nie werklik aan die gang kom in die eerste 40 minute nie. Ferro’s daarenteen het die helfte sterk geëindig en vroeg in die tweede helfte het Izan Green sy eerste van drie drieë gedruk. Sasol het kortstondig die voortou geneem na nog ’n strafskop en ’n verdoel onderskep drie.

Jeandi Oosthuysen van Shumba Ferro’s se tweede span hardloop met die bal op Saterdag 30 Mei toe hulle teen Sasol gespeel het.
Jeandi Oosthuysen van Shumba Ferro’s se tweede span hardloop met die bal op Saterdag 30 Mei toe hulle teen Sasol gespeel het.

Met die Ferro’s voorspelers in ’n slegte bui was daar geen kans vir Sasol om op die voor voet te kom nie. Izan Green het as Spur/Bolt &Nut speler van die wedstryd uitgeblink en gaan kuier drie keer letterlik onder die pale. Hy is goed ondersteun deur sy mede voorspelers met veral die voorry van MC Botes, WF Kotze en Willie Muller wat telkens geloop het met die Sasol-pak.
Met die ou-generaal Jovan Botha terug in die nommer 10 trui en sy groot spanmaat Christiaan Els (Spur/Bolt&Nut agterspeler van die wedstryd) langs hom op binnesenter is daar takties geskop en akkuraat verdedig tot in die laaste minuut.

Christo Swart hou vas aan die bal, terwyl WF Kotze en Willie van der  Merwe hom ondersteun.
Christo Swart hou vas aan die bal, terwyl WF Kotze en Willie van der Merwe hom ondersteun.

Drieë is gedruk deur Izan Green (drie) en Bennie Mashabane. Jannie van der Merwe slag met vier doelskoppe.
Shumba Ferro’s reis eerskomende naweek na Middelburg vir die Derby stryd tydens die Old Boys Fees. Die span behoort nie veel te verskil van die een wat Sasol leë hande huistoe gestuur het nie.

Izan Green van Shumba Ferro’s hou die bal vas en Christiaan Els ondersteun hom op die kant.
Izan Green van Shumba Ferro’s hou die bal vas en Christiaan Els ondersteun hom op die kant.

Back to top button