Local sportSport

SAPS se veerpyl kampioen

Kolonel Stephanie Malan is gekroon as die SAPD se veerpyl kampioen van 2015.

Sy het in Maart aan die Mpumalanga uitdunne deelgeneem, waar sy toe deur is na die Nasionale kampioenskappe wat in Margate, Kwa-Zulu Natal plaasgevind het.
Vanaf 17 Mei tot 23 Mei by die Santana Holiday Resort het sy Witbank Polisie verteenwoordig. Daar was drie kategorieë waaraan sy deelgeneem het. Die dames enkelspel het sy loshande gewen, die dames dubbelspan het sy en die administratiewe dame van Kriel, Lynette Ludwig ook gewen. Kol. Malan het in altwee hierdie kategorieë met ‘n stroop 3-0 teen haar opponente gewen en kan dus spog met twee goue medaljes.

Die medaljes wat Kolonel Stephanie Malan by die Nasionale Kampioenskappe verower het.
Die medaljes wat Kolonel Stephanie Malan by die Nasionale Kampioenskappe verower het.

Sy neem al deel aan hierdie veerpyl kompetisies vanaf 2005. Hierdie is die 10de jaar wat sy deelgeneem het en die negende jaar wat sy met goud huistoe kom. Kol. Malan het in 2011 aan die Lumbumbashi Kampioenskappe deelgeneem in die Kongo. Dit word elke tweede jaar gehou en sy het daar weggestap met twee trofeë. Dit was onderskeidelik vir beste sport prestasie en vir internasionale deelname.

In 2009 was sy in Kanada gewees waar sy aan die World Police and Fire Games deelgeneem het. Suid-Afrika was een van die 133 lande en sy het een goud, twee silwer en een brons medalje verower.
In 2007 het Kol. Malan ook aan dieselfde kompetisie deelgeneem in Adelaide, Australië. Sy het daardie jaar twee silwer en twee brons medaljes huistoe gebring.

“Ek het al so baie bereik. Ek mik nou op bewusmaking. Daar is min mense wat weet van hierdie sport waaraan lede van die polisie kan deelneem,” het Kol. Malan gesê.

Hierdie trofeë het Kolonel Stephanie Malan in die Kongo gewen in 2011
Hierdie trofeë het Kolonel Stephanie Malan in die Kongo gewen in 2011

Die volgende Internasionale kompetisie word in Swaziland gehou.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Witbank Nuus se webwerf:
Witbank Nuus

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n boodskap op WhatsApp met jou ‘Naam en Van’ na 082 955 7201 of teken aan op BBM 7F6C600F om jou nuusflitse gratis te ontvang.

You can read the full story on our App. Download it here.

Back to top button