Local sportSport

Korrel en skiet na kampioenskappe

Dis ’n tegniese sport soos enige ander. Dit verg oefening en talent om die bestes te klop.

Vir lede van die Black Rose Pool Klub is dié sport nie net ’n tydverdryf by die kroeg nie.
Die Black Rose Pool Klub het onlangs aan die Ope Dubbels Kamioenskappe by Komati deelgeneem, waar twee van hul lede derde plek behaal het.

Bertus Pelser fokus op die spel.
Bertus Pelser fokus op die spel.

Skoonpa en seun was trots om brons huis toe te bring, veral omdat dit hul eerste jaar deelname was. Quinton en Bertus Pelser het die jaar by die klub aangesluit en vir die eerste keer ook provinsiaal gespeel. “Ons het maar altyd net bietjie by die huis gespeel,” vertel Bertus. Hy en sy skoonpa, Quinton, het na hul van die klub te hore gekom het aangesluit en speel nou saam in provinsiale ligas.
“Ons oefen een keer ’n week by die klub en naweke speel ons maar net vir die lekkerte by die huis.”
Enigiemand, jonk en oud, kan aansluit om te speel.

Quinton Pelser mik vir die bal.
Quinton Pelser mik vir die bal.

Baie geluk aan die ander lede van die Black Rose Pool Klub wat aan die kampioenskappe deelgeneem het: Madelein Sinclair (kaptein), Lucky Malebese, Miranda en Mario Erasmus, Herman en JJ van der Walt, JP Posthumus, Vlam Thiart, Mark Jones, Riaan van Dyk, Brett Briedenhann, Monnique Pelser (kaptein), Riaan en Braam Smit, Mandie Staake (kaptein /organiseerder) en Laetitia Vermaak (eienaar van The Black Rose pub and grill).

You can read the full story on our App. Download it here.

Back to top button