Local sportSport

Goeie spel in Sentraal rolbal pare

Die afgelope naweek is die semi-finale en die finale van die Mpumalanga Sentraal gemengde pare afgehandel.

Agtien spanne het vir die kompetisie ingeskryf en het in vier seksies teen mekaar meegeding.
Op Saterdag 28 Maart het seksies een en twee te Witbank Golf gespeel en seksies drie en vier te MCC.
Die onderskeie seksie wenners was: Seksie een – Gavin Schoobert/Joey Kriel; seksie twee – David en Annatjie Roos; seksie drie – Gerhard en Kleintjie O’Connel; en seksie vier – Alan Schoobert/Iris Wilson.

Op Sondag 29 Maart is die finale te Golf beslis. Die twee semi-finale tussen David (Groblersdal) en Alan (Witbank Golf) asook tussen Gerhard (Groblersdal) en Gavin (Witbank Golf) het baie goeie rolbal opgelewer. David klop vir Alan met 27-24 en Garhard vir Gavin met 23-13.
Die finaal tussen die twee Groblersdal spanne het goeie spel opgelewer met Gerhard die uiteindelike wenner teen David. Sentraal president, Jaco van Straaten het al die spelers bedank vir hulle deelname en die wenners geluk gewens met hul prestasie.
Die Mpumalanga finale van die gemengde pare kompetisie word op 11 en 12 April gespeel en spelers word uitgenooi om dit te ondersteun.
Die SA onder 25 inter distrikte rolbal toernooi vind vanaf 7 tot 10 April te Bloemfontein plaas. Dit is weereens baie jammer dat daar bykans geen junior spelers in die sentraal streek is wat vir die span oorweeg kan word nie. Daar bestaan ’n groot behoefte na jong spelers om by die spel betrokke te raak.

Gerhard O’Connel tydens die semi-finale.
Gerhard O’Connel tydens die semi-finale.

Volgens die rolbal kompetisie kalender, sou die MCC Rose Herman toernooi op 15 en 16 April gespeel word. Die toernooi is nou uitgestel na ’n latere datum. Belangstellende dames spelers word uitgenooi om te skakel met Sybil Allers by 082 493 5333.
Die Sentraal mans en dames viere is geskeduleer om op Saterdag 18 April ’n aanvang te neem. Inskrywings vorms sal binnekort by klubs beskikbaar wees. Alle klubs word uitgenooi om spanne vir hierdie gewilde kompetisies in te skryf.
Die Witbank rolbalklub besigheidsliga is tans aan die gang en word op Donderdae-aande gespeel.

Vir verdere inligting kan belangstellendes skakel met Paul Bray: 071 685 5399, Mike Abbott: 082 774 1693 of Ockert Jordaan: 083 272 8436.

You can read the full story on our App. Download it here.

Back to top button