Stad spog met wêreldklas driekamp-kampioen

’n Plaaslike laerskool-onderwyseres is vanjaar se driekamp wêreldkampioen.

Retha Janse van Vuuren het die groot eer en voorreg gehad om Suid-Afrika en Mpumalanga te kon verteenwoordig in die jaar se wêreldkampioenskappe wat in Gautemala plaasgevind het.

Vanaf 7 tot 12 Oktober het deelnemers van verskeie lande gestroom na die hart van Gautemala om aan die uitmergelende driekamp, asook tweekamp-kompetisies deel te neem.

Retha het die ander deelnemers in haar ouderdomsgroep (40+) ore aangesit op die veld en in die water. “Dis nou skiet, swem en hardloop,” het sy verduidelik wat die drie items waaraan sy deelgeneem het.

Dié atleet, wat reeds 25 jaar aktief is op die veld en met talle toekennings spog, kan trots wees om as wêreldkampioen te rank.

Te midde van haar uitstekende prestasie, bly Retha steeds nederig en meen dat sy deelneem vir die liefde van die sport en dat sy dit geniet om in haar vrye tyd te oefen en swem. “’n Gesonde lewenstyl is klaar ’n groot beloning,” het sy vertel is haar motivering om aan te hou deelneem.

Sy het onlangs weer begin fokus op fietsry en sien uit na die nuwe jaar en die nuwe uitdagings wat voorlê.

Laerskool Kragbron, waar Retha skool gee, is trots op hul onnie wat ’n goeie voorbeeld inspirasie is vir jong opkomende atlete.

Lees die volle storie in Witbank Nuus Vrydag, 11 Desember.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version