Pret, stof en baie plesier

’n Stofwolk het oor Balmoral gehang die naweek na die Hoëveld Pretdag..

Vroeg Saterdagoggend 6 September het die veldfietse en ‘quads’ begin brom – reg vir die wedren! Die pretrit het omstreeks 09:00 begin en die ywerige fiets en ‘quad’- ryers het spoed (en mekaar se stof) gevang om die baan by Laerskool Balmoral.

Toeskouers het ’n heerlike dag geniet en die pretrit-jaers aangemoedig langs die baan. Daar was talle pryse vir die wenners as ook ’n paar geluktrekkingspryse.

In die dames veldfietse afdeling was Isabel de Kock as wenner aangewys. Marcel Meyer het in die o.16 veldfietse kategorie gewen. BJ Scholtz was eerste in die 16-26 ouderdomgroep. In die ouderdomsgroep van 26-38 het Carl du Toit eerste plek gekry en Pieter Holl het in die ‘ouer as 37’ groep gewen.

In die dames ‘quads’ afdeling is Heleen Steyn aangewys as wenner. Arno Veldsman het in die o.16 klas geseëvier. In die ouderdomsgroep van 16-26 het Ryan du Toit weggeloop met eerste prys en so ook Hannes Saaiman in die 26-38 ouderdomsgroep. Jaco Joubert het die ‘quads’ – ouer as 37 katogorie gewen.

Sien al die foto’s hier.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version