Dansers met wen-passies

Vroeër die maand het die dansers van Stiehla Dans Studio wat aan die ‘Classique Freestyle’ dans kampioenskap in Randburg deelgeneem het hulle weereens uitstekend van hulle taak gekwyt.

Megan Brits was Saterdag 19 Julie vierde in die dogters 10/11 ‘Beginner  Slowdance’ kategorie.In die dogters 10/11 ‘Rising Star Freestyle’ kategorie het Zoë Kemp sesde plek behaal.

Danika Emmerich het ‘n derde plek behaal in die dogters 12/13 ‘Rising Star’ kategorie. In die gemengde 14/15 ‘Slowdance Championship’ kategorie het Yvonne Robson derde plek behaal asook tweede plek in die dogters 14/15 ‘Freestyle Championship’.

Nicole Geldenhuys neem normaalweg deel in die dogters 16/18 ‘Freestyle-‘ asook ‘Slowdance Championship’ kategorieë maar kon as gevolg van ‘n besering nie deelneem nie. Tien wilde perde sou haar egter nie kon weerhou om haar dansmaats te kom ondersteun nie.

Simonè Duvenhage het ‘n vierde plek in die dogters 12/13 ‘Rising Star Freestyle’ kategorie behaal en wat Simonè se prestasie spesiaal maak, is dat sy daardeur ook bevorder is tot ‘Freestyle  Champion’ status. Baie geluk aan Simonè met hierdie uitnemende prestasie.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version