Hurricanes domineer op die veld

Hurricanes het die Tigers terug huistoe gestuur met stert tussen die bene toe hulle die Reserwe-beker verlede week ingepalm het.

Die wedstryd Saterdag 19 Julie op die Pumas Stadion het baie hard begin. Teen halftyd was die telling agt Tigers en vyf vir die Hurricanes.
Daar is hard gepraat in die Hurricanes kleedkamer en na halftyd was dit ’n heeltemal ander Hurricanes-span wat op die veld gedraf het.

Hurricanes het die wedstryd met 22 punte teenoor die Tigers se agt gewen.
Daar is drie drieë gedruk tydens die wedstryd: Menzi Nkosi (flank) wat twee drieë gedruk het en Musa Nkosi (onder-kaptein).

Theunis Botha het twee drieë verdoel en ook ’n strafskop deur die pale gejaag.
“Ons se dankie aan almal wat die Witbank Hurricanes kom ondesteun het. En baie groot dank aan die drie afrigters, Gert Burger, Johan van Niekerk en Danie Jansen van Vuuren. Die Hurricanes gee al die eer aan die Here wat hulle op die veld en van veld af gehelp het,” sê die span.

Hurricanes bedank ook hul borge vir hul bydraes en ondersteuning.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version