Local sportSport

Lorent Ferro’s is kampioene

Lorent Ferro’s het na die oorwinning in die Derby-stryd teen Middelburg seker gemaak dat die Ferro’s se trofeekas ’n beker bykry.

Die wedstryd het Saterdag 12 Julie by die Puma Stadion plaasgevind. Die span het vanjaar slegs een keer verloor en twee maal gelykop gespeel. Ferro’s wen die wedstryd 21-5 na hul halftyd reeds 7-5 voorgeloop het.

Die verblydende aspek van die span se prestasies is dat die klub se diepte in feitlik elke posisie week na week gegroei het en veral die jong spelers toon dat daar uitgesien kan word na die 2015 seisoen.

Middelburg het Saterdag aanvanklik die oorhand gehad in die skrums, terwyl Ferro’s weer by die afbreekpunte en lynstane sterk gekompeteer het. Ferro’s, wat ’n jong, maar groot agterlyn in die veld gestoot het, het die Middelburg-span in die middelveld aangevat en so meters veld gewen. Die verdediging van Arron van Ryhn en Ruan Lombard was rotsvas en kon Middelburg slegs een keer die doellyn oorsteek in die wedstryd.

Lorent Ferro’s se voorspelers met Bolt&Nutspeler van die wedstryd Jaco Pieters aan die voorpunt het gesorg dat die agterlyn in die tweede helfte kon aanval van die voorvoet af en druk hul drie verdoelde drieë.

Drieë is gedruk deur Willie Muller, Juandre Schmidt en Martin Prinsloo. Buks van der Merwe (agterspeler van die wedstryd) slaag ook met drie doelskoppe.

You can read the full story on our App. Download it here.

Back to top button