Local sportSport

Jong Pumas reg vir aksie

In plaas van steenkool vloei rugby vinnig deur die bloed van jong rugbyspelers hier in eMalahleni.

Altesaam 20 van die stad se spelers se name pryk trots op die lys van gekose spelers wat Dinsdag 20 Mei aan die finale proewe in Pretoria gaan plaasvind. Die finale spanne van die Pumas se Coca-Cola Cravenweek groep sal dan aangekondig word.

Na die proewe wat Woensdag 15 Mei plaasgevind het is die hoofafrigter Gert Van der Westhuizen en hulpafrigter Cobus van Dyk baie positief oor die komende seisoen.

Cobus het gesê die spanne het genoeg diepte en die spanne is slaggereed om vanjaar die Coca-Cola Cravenweek hul eie te maak.
Die plaaslike spelers wat in die finale proewe in Pretoria gaan deelneem is Armand Adlem en Cauwen Mashaba van (Hoërskool Generaal Hertzog. Hulle speel in die Pumas A-span wat teen die Blou Bulle gaan opdraf.

In die Puma B-span is Lefa Leshaba (Hoërskool Generaal Hertzog) en Enoch Mthimanye (Hoërskool Kriel).
Tukunda Ushe (Cambridge Academy) is in die C-span opgeneem.

In die Pumas D-span is daar twee van die Hoër Tegniese Skool se spelers wat opdraf, Ian Truter en ook André du Plessis.
Gerrit Staden (Hoërskool Generaal Hertzog), Rojacques dos Santos (Hoër Tegniese Skool), Francois de Villiers (Hoërskool Generaal Hertzog), Hanru Pretorius (Hoërskool Generaal Hertzog), Marius Viviers (Hoër Tegniese Skool), Mzwakhe Fransman (Hoër Tegniese Skool), Ruan Robinson (Hoërskool Generaal Hertzog) en Xander Lombard (Hoërskool Generaal Hertzog) draf vir die Pumas E-span uit.

Ook in die Pumas F-span is daar sewe plaaslike spelers, Christo Swart (Hoër Tegniese Skool), Armand Janse van Rensburg (Hoërskool Generaal Hertzog), Armand van Wyk (Hoër Tegniese Skool), Keanu van der Linde (Hoërskool Generaal Hertzog), Willem Sevenster (Hoërskool Patriot), Mlungisi Nxumalo (Hoërskool Patriot) en Pieter Joubert (Hoër Tegniese Skool) wat gaan wys van watter staal hulle gemaak is.

Back to top button