Local sportSport

Derby drieë fees

Shumba Ferros het Saterdag sy buurman Hurricans rugby klub in ’n drieë fees met 92-10 geklop na hulle halftyd reeds 53-10 voorgeloop het.

Die wedstryd het op Saterdag 3 Mei op die B-veld by die Pu plaasgevind.
Hurricannes het die eerste punte op die telbord gesit met ’n onderskep drie.

Die vyf punte in die eerste paar minute van die wedstryd het Ferro’s egter nie onkant gevang nie. Hulle het die krane wyd oopgedraai en die toeskouers verras met ’n goed gestruktureerde wedstrydplan waarteen die teenstanders geen verweer gehad het nie.
Wedstryde met hoë tellings ontaard maklik in ’n slordige spul maar Ferro’s het deurentyd by die struktuur gehou en al hul strategiese beplanning het vrugte afgewerp.

Jeandi Oosthuysen van Shumba Ferro’s druk ’n doel vir die span op Saterdag 3 Mei toe hulle teen Hurricanes gespeel het.
Jeandi Oosthuysen van Shumba Ferro’s druk ’n doel vir die span op Saterdag 3 Mei toe hulle teen Hurricanes gespeel het.

Jeandi Oosthuysen en Brandon Snell verdien elkeen ’n klop op die skouer vir hul uitstekende lynstaan-werk.
Die lostrio Jackie Smit, Lesley Orton en Izan Green het geen genade betoon by die afbreek punte nie. In dieselfde asem moet genoem word dat die voorspelers as ’n pak ’n fenomenale eenheid gevorm het wat hul teenstanders laat steier het.
Lesley Orton is verdienstelik as die Bolt&Nut speler van die wedstryd aangewys.

Onder die agterspelers het Tommy Collen die leiding as losskakel geneem en hy was goed ondersteun deur sy senters Dewald Pieters en Junior Laas.

Drieë deur, Jeandi, Izan, Tommy, Lesley, Kobus Fritz, MC Botes, Wayne Dreyer, Willie van der Merwe, Emilio Skosana, Neil Rademeyer, en twee drieë elk deur Junior, Brandon  en John Sinclaire was die groot rede vir die aand se feesvieringe.

’n Sterk skrum tussen die twee spanne.
’n Sterk skrum tussen die twee spanne.

Dewald  het ’n ekstra agt punte aangeteken met sy skopskoen en Tommy het twee doelskoppe oorgeklits.
Ferro’s kom Saterdag 10 Mei te staan teen Ermelo in ’n wegwedstryd.

Ermelo het nog net een wedstryd in dié liga verloor en dit was teen Middelburg Rugbyklub.
“Saterdag is ons eerste werklike toets. Die spanne is gereed om hulle aan te durf,” het Willie Oosthuizen, Ferro’s se afrigter gesê.

Back to top button