Local sportSport

Nog ’n wen vir Shumba Ferro’s

Ferro’s Rugbyklub het Saterdag beide sy wedstryde teen Matla maklik gewen en weereens volpunte op die ligatabel verdien.

Die wedstryd is op Saterday 5 April gespeel op die Puma Stadium. Die Lorent Ferros XV klop Matla 1 38-14 (26-14).

Matla het moedig probeer en die hele wedstryd geleenthede probeer skep vir punte. Hulle kon egter net twee keer agter die pale gaan kuier en Ferro’s self antwoord met ses drieë (Juandre Schmidt, Arron van Rhyn, Jeandi Oosthuysen, Damian Bezuidenhout en Christo Nelson (2). Juandre Schmidt slaag ook met vier doelskoppe.

Die voorspelers het weereens die platvorm geskep waarvandaan elke aanval geloods is. Die lostrio (Jeandi Oosthuysen, Junior Laas en Lesley Orton) was weereensaan die voorpunt by elke afbreekpunt.

Shumba Ferro’s se derdes speel ook klaar met Matla 2 en wen die wedstryd maklik met 62-5 na hulle halftyd net 12-0 voorgeloop het. In die wedstryd het ’n klomp jong spelers hul hande opgesteek vir insluiting by die Lorent XV. Hul drieë word gedrukdeur: Ruan Pieterse, Buks van der Merwe, Wian van Schalkwyk (2) Jaco Pieters, Vicario Menegas (2) Brandon Snel en Dewald Smit (2). Ruan Pieterse slaag ook met ses doelskoppe.

Die diepte van die klub moet die afrigters rustig laat slaap met soveel as 15 eerstespan spelers wat tans gerus word tot die Super 6 begin en die klub het reeds volpunte in al sy ligawedstryde verdien.

Shumba Ferro’s speel eerskomende naweek weg teen Kinross Tigers.

Back to top button