Local sportSport

Skeidsregters gaan nou net kop knik

Rugby skeidsregters Stefan Breytenbach en Robert Curlewis het Shumba Ferro’s rugbyklub op versoek van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie besoek.

As deel van hul veldtog om seker te maak skeidsregters en spelers uit dieselfde reëlboekie lees.

Shumba Ferro’s is behoorlik ingelig oor die toepassing van die reëls in die Puma-liga en die Gemeenskapsbeker-reeks wat binnekort afskop.

Stefan en Robert het  beklemtoon dat daar geen nuwe reëls is buiten die skrum-roepe waar die skeidsregter nie meer gaan sê “Bal in” of  “Yes nine” nie,  dit sal met ’n handgebaar of kopknik geskied.

Skeidsregters  is ook versoek om die afbreekpunte met ‘empatie’ te blaas en te wag vir die losskrum om behoorlik te ontwikkel voor die losgemaal roep gemaak word.

Skeef ingooi by skrums gaan baie streng beheer word en kan selfs rooi kaarte daarvoor gegee word.
“Skeidsregters wil die spel meer vloeiend maak en gaan saamwerk met spanne om veral afbreekpunte beter te beheer, hopelik minder skrums en strafskoppe,” het Willie Oosthuizen, van Ferro’s genoem.

Ferro’s bedank die Puma skeidsregters en SARU vir die baie belangrike opleidingsessie.
Afrigters sien uit na die ‘nuwe’ skeidsregters wat met ‘empatie’ gaan blaas as dit sou werk kan dit die spel net bevorder.

Back to top button