Goeie rolbal in sentraal pare

Die Mpumalanga sentraal mans en dames pare is op Saterdag 1 Februarie by Witbank klub afgehandel.

In die dames afdeling het 16 spanne in twee seksies van agt teen mekaar gespeel. Die wenners in seksie een was Carin Louw en Michelle van der Westhiuzen met Annalie de Kock en Hanna Steenkamp in die tweede plek. Die eerste twee spanne in seksie twee was Max van der Westhuizen en Lenie Beetge en Elize Aschnorne asook Annatjie Roos.

In die finaal klop Carin vir Max met 28-17 en Elize vir Annalie 22-18 om die derde plek te verower.
In die mans afdeling het 24 spanne ingeskryf en in vier seksies van ses spanne elk gespeel.

Die vier seksie wenners was Deon Vermeulen en Johan van Backstrom, Gerard O’Connell en Elof du Toit, Gavin Shoobert en Cornel van Backström, en Jannie Brandow en Eben Fourie. In die eerste semi-finaal klop Deon vir Gavin 27-18, en in die tweede wen Gerhard teen Jannie 21-17. In die finaal was Gerard die wenner teen Deon met 22-15. Om die derde plek klop Jannie vir Gavin met 23-16. Die dames en mans wen spanne speel vir Groblersdal – gelukwens aan dié klub met die mooi prestasie.

Dit is ook verblydend dat 18 spanne ingeskryf het vir die Mpumalanga sentraal gemengde pare. Die spanne kompeteer in drie seksies van vier en een seksie van ses. Die seksie met ses spanne het hul eerste twee wedstryde op 2 Februarie by Middelburg Stadion gespeel.

Op Saterdag 8 Februarie vind ’n verdere drie wedstryde te Witbank Gholfklub, Witbankklub plaas. Die semi-finaal, asook die finaal vind plaas te Middelburg Country Club op 9 Februarie. Ondersteuning by hierdie finaal word gevra.

Die Mpumalanga sentraal streek het onlangs ‘n spesiale vergadering gehou. Tydens die vergadering is Jaco van Straaten van Groblersdal verkies as president van die streek. Gelukwense aan Jaco en die komitee en voorspoed met die groot taak wat voorlê.

Dit is ook met leedwese dat die rolbalgemeenskap die afgelope maand van drie vriende moes afskeid neem: Dawn Shelver, Heloise de Wet, en John Orren.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version