Izaan reg vir 7’s toernooi dié naweek

Die sweet het getap toe ure se oefening ingesit is ter voorbereiding van die komende naweek se Pumas 7’s rugbytoernooi op Middelburg.

Een van die spelers wat uitsien na die toernooi wat Saterdag 25 Janaurie plaasvind is Shumba Ferro’s se  stut Izaan Green.

Izaan wat verlede jaar aangewys is as die Pumas se amateur speler van die jaar is geen vreemdeling as dit kom by dié tipe rugby nie. Hy is gereeld te sien in die Pumas se 7’s A-span en het in 2013 in die nasionale 7’s kampioenskap deelgeneem.

Intussen is Ferro’s ook besig om hul vere reg te skud vir die opkomende Cell C Gemeenskapsbekertoernooi.

Dié span het gekwalifiseer om in Poel-D te speel. Die ander spanne wat ook in Poel-D speel is Wesbank, Rustenburg, Sishen en Hamilton.

Die toernooi wat op 8 Maart afskop is die Suid-Afrikaanse Rugby-unie se klubrugby inisiatief wat deur die selfoon-reus Cell C geborg word.

Geen professionele rugbyspeler speel in die toernooi nie. Dit gee vir klubrugbyspelers die kans om hul talent te toon te stel, veral aan die provinsiale afrigters wat dié toernooi met ’n fyn oog gaan dophou.

Vir plaaslike rugby-entoesiaste wag daar uithaler rugby opwinding wanneer Ferro’s hul openings wedstryd tuis teen Wesbank al die pad van Boland af speel.

Die daaropvolgende naweek pak hulle Rustenburg Impala ook hier op die Puma Stadion.

Op Saterdag 22 Maart reis hulle Kathu toe waar Sishen die gasheer sal wees en op 29 Maart is Kaapstad die eindbestemming waar Hamilton wag.

Exit mobile version