Sport

Willem stoei van jonk tot oud

Willem het met sukses verlief geraak op die sport en na internasionale toere en toernooie net sy beste gegee en aangehou daarmee

Willem Schutte het sy voete op die stoeimat gesit in Ellisras vir die eerste keer in 1996 toe hy net agt jaar oud was.

Stoei is te danke aan sy pa wat hul laat deelneem het in die kontaksport in hul jonger jare.

Willem het met sukses verlief geraak op die sport en na internasionale toere en toernooie net sy beste gegee en aangehou daarmee.

Willem se eerste groot sukses was in 2004 toe hy deelgeneem het aan die o.17 Turkye kadet wêreldkampioenskappe waar hy negende geïndig het.

In 2007 het hy deelgeneem in die junior Afrika kampioenskappe en het silwer daar verower.

In 2016 het Willem in Egipte getoer vir sy senior Protea klere en het sesde plek gekry.

Willem het in 2018 deelgeneem in die SA senior vrystyl 125kg klas en het gewen.

Hy het dié jaar deelgeneem aan die Grieks Romeins 130kg klas en het goud verower.

Willem gaan aanhou met stoei en in lokale toernooie skeidsreg.

Hy wil verder deelneem tot die ouderdom van 35 jaar.

Willem wil dan onder veterane kwalifiseer en saam aan ’n internasionale veterane toer deelneem.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button