LettersOpinion

Die ware feite

Witbank High het laas in 2004 ‘n 100% slaagsyfer gehad.

Anoniem skryf:

Dis ‘n tragiese dag wanneer die waarheid oor ‘n saak nie die geleentheid gebied word om bekend gemaak te word aan die gemeenskap wie dit werklik aangaan nie.

Wat is die ware toedrag van sake by Witbank High School, die eens trotse en een van die top skole in die provinsie en Suid-Afrika? Witbank High het laas in 2004 ‘n 100% slaagsyfer gehad. Mnr. Buys het in 2008 by mnr. Vosloo oorgeneem toe die slaagsyfer 52% was. Toe mnr. Buys uitgewerk is in 2013 het dit hertstel na +- 84%. In slegs ses maande nadat hy vervang is in 2014 is die slaagsyfer vir die hele skool nie baie hoër as 10% nie. Nou word die kinders uitgemaak vir diere as gevolg van hulle wandade.

Niemand kan die afbrekende gedrag goedkeur nie, maar as mens die ware feite objektief moet ondersoek, kan jy nie anders as om wat op die groter verhoog in die geliefde land gebeur, ook hier by Witbank High gebeur het nie. Mnr. Buys is uitgewerk deurdat sake teen hom gebou is om van hom ontslae te raak en te vervang deur persone met die politieke konneksies ten spyte van hulle kapasiteit en ondervinding om ‘n voormalige Model C-skool te bestuur.

Die kinders is nie oningelig en kan vir hulleself dink en oordeel van hoe dit behoort te gaan by die eens trotse skool. Dalk wys hulle optrede dat hulle ‘n beter begrip van Ubuntu het. Mnr. Nelson Mandela het gesê hy het geveg teen wit en swart-oorheersing en dat goeie onderwys die enigste middel is tot ‘n beter toekoms vir Suid-Afrika!

Die onregverdige sake en uitspraak teen mnr. Buys het hom byna sy loopbaan gekos met finansiële en persoonlike gevolge. Maar die owerhede sal hulle kaders teen alle koste verdedig al ly onderwys en opleiding daaronder. Die slagspreuk van die Apartheidsjare: ‘Liberation before education’, word nou dalk net verder gevoer deurdat dit eerder steeds om politiek as kwaliteit onderwys gaan!

In Deo Sapientiae Lux

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button