Ses van die bestes

Wie kan die ou dae nog onthou toe onderwysers nie skaam was om jou agterstewe aan die brand te slaan as jy stout was nie? Elke onnie het maar sy eie lat gehad waarmee dissipline toegepas was, en natuurlik het almal name gehad. Volgens die Engelsman was daar twee maniere om die loesing te vat. …

Wie kan die ou dae nog onthou toe onderwysers nie skaam was om jou agterstewe aan die brand te slaan as jy stout was nie?

Elke onnie het maar sy eie lat gehad waarmee dissipline toegepas was, en natuurlik het almal name gehad.
Volgens die Engelsman was daar twee maniere om die loesing te vat. Jy kon die pak vat soos ’n man as jy die rottang hoor fluit en dit genadeloos op jou agterstewe val of jy kon die onnie probeer flous. Papier-buffers en sakdoeke is op die agterstewe gepak, dié het jou soos Kim Kardasian laat lyk. Die meeste van die tyd is jy uitgevang en dan het die onnie eers ingelê.
Die eerste opsie was maar die beste. Jy kon immers daarna in die badkamer gaan spog met die rooi hale wat netjies langs mekaar op jou agterstewe pryk.
Jy was sommer dadelik ’n ‘hero’, seg die Engelsman.
In ons tyd was dissipline die wagwoord en ook die naam van menigte ‘megaftertjie’ wat jou hande of boude aan die brand geslaan het.

Vroeër die week, was dit wat in my gedagtes rondgemaal het, waar is die dissipline vandag?
Clive Hatch, voormalige raadslid, het onlangs genoem dat 3 544 skole in die land nie elektrisiteit het nie en 804 skole se elektrisiteit nie op standaard is nie.
Daar is 2 402 skole wat geen lopende water het nie en 913 skole met geen ablusie fasiliteite nie. Dis net die punt van die ysberg, want daar is oor die 21 000 skole wat geen laboratorium fasiliteite het nie en amper 23 000 skole wat nie biblioteke het nie.
In plaas daarvan dat leerders van ’n plaaslike hoërskool dankbaar is dat hulle toilette, water, laboratoriums en ook ’n rekenaar klas het, is hulle besig om amok te maak.
Hulle hou nie van die hoof en die sisteme wat hy in plek geplaas het nie en daarom brand hulle asblikke, breek vensters en hekke.

Die rolle is nou omgekeer in plaas daarvan dat jy ‘bang’ was vir die kwaai hoof, is die hoof nou bang vir die leerders. Die klomp nat-agter-die-ore-snotneus-entiteite eis dat die hoof moet gaan, anders brand hulle die skool af.
Ek wonder wanneer is die lat in leerders se hande gesit? Hulle is nou dié wat die sirkus lat-in-die hand regeer.

Exit mobile version