LettersOpinion

Dankie WITBANK NUUS se joernaliste

Na die lees van twee weke terug se WITBANK NUUS wil ek net aan die lesers wat Zita en haar mede-joernaliste verdedig en ondersteun het, sê ‘dankie’

Vir die klipgooiers wil ek sê: Julle is soos volstruise wat kop in die sand steek. Te bang om die realiteit van vandag se Suid-Afrika in die gesig te staar. Op TV wat meer toeganklik vir die publiek is as wat die geskrewe media is, is sulke tonele daagliks te sien.

Net nog dit. As julle kinders by julle kom kuier, gesels pa en seun oor rugby, krieket en karre. Ma en dogter gesels oor inkopies doen en verder skinder hulle.
Weet julle wat gebeur as Zita vir haar ouers kuier? Haar ma wat haar so goed ken, sien onmiddellik daardie hartseer wat verborge agter haar glimlag lê. Dan word daar getroos en woorde van bemoediging gefluister. Maar daardie troostery en bemoedigende gefluister verlig net die hartseer vir nou, want more is daar ‘n nuwe hartseer wat sy met haar glimlag probeer verberg. En oormôre weer.

Ek weet, want ek is Zita se pa.

You can read the full story on our App. Download it here.

Back to top button