LettersOpinion

Wat het geword van goeie pad maniere?

Dit was Woensdag 19 Maart so om en by 06:30 toe ek rustig op pad werk toe was.

Ek het in die linkerbaan beweeg want ek wil links draai by die robot net voor ‘Geduldbrug’ op die Pretoria-snelweg. Skielik kom daar ’n wit ‘Tarzan’ met sy swart Nissan dubbelkajuit-bakkie, uit die regterbaan – sit eenvoudig net sy flikkerlig aan en draai summier links voor my in sonder dat daar ’n opening voor my is, net soos die taxi-bestuurders wat deesdae hul eie padreëls maak, ry net waar hulle wil net soos hulle wil.

Omdat daar nie spasie voor my was nie, moes ek hard rem om te verhoed dat ek hom stamp. Ek druk toe die toeter om hom attent te maak dat hy so bietjie aan sy pad/vark maniere moet werk.

Sou ‘Tarzan’ toe mos allerhande vingertaal met my praat in sy truspieël. Ek wys hom toe ook dat hy maar kan gaan doppies blaas, waarvan hy toe nie gehou het nie.

Hy ruk die handrem op en ‘Tarzan’ met sy noupassende hempie om die arms vlieg by die deur uit en storm op my af. Hy uiter woorde wat ’n matroos nog so ’n paar nuwes kon byleer.

Wel, ek het hom maar net aangekyk en by myself gedink dat ’n mens nou so bespotting van jouself kan maak, dit terwyl jy die skuldige een is.

Wat het geword van pad maniere?
Ek is geleer dat as ek in die verkeerde baan is en van bane wil verwissel en daar nie ’n opening is nie, trek ek die persoon aan die kant wat ek wil beweeg se aandag en wys vir hom/haar dat ek graag bane wil wissel, sodat die persoon vir jou plek kan maak.

Blykbaar werk dit nie meer so in die nuwe SA nie en behoort die paaie net aan seker padgebruikers.
En o ja ‘Tarzan’, jammer dat ek nou nie geskrik het toe jy op my afgestorm het nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Back to top button