HistoryOpinion

Die oorsprong van Witbank Part.3 – Die Pretoria-Delagoabaai-spoorlyn

Die Boere in die Transvaal het nog nie heeltemal herstel na die anneksasie van die Transvaal deur die Britse regering en die daaropvolgende bloedige oorlog in 1881.

Na die ondertekening van die Londen-Konvensie op 27 Februarie 1884, drie jaar na die slagting op Amajuba, is die Zuid- Afrikaansche Republiek weer in ere herstel en is die Britse heerskappy oor die Transvaalse vlaktes afgesluit.

Op 9 Mei 1883 is President Paul Kruger tot die President van die Zuid-Afrikaansche Republiek verkies.
Vir President Kruger die belangrikste was om die binnelandse en die ekonomiese beleid van die herstelde republiek in oenskou te neem. Van die eerste take was die ontwikkeling van die land se hulpbronne, veral die landbou. Hy het geglo dat daar vir oorskotte verbou moes word sodat goedere uitgevoer kon word om buitelandse geld te verdien om sodoende die ekonomie van die oorloggeteisterde Transvaal te herstel.

Daar moes ook stappe gedoen word om die handel en nywerheidswese te bevorder, waarvoor belangrike delfstowwe soos yster, goud en veral steenkool van uiterste belang geword het. Ten einde hierdie ekonomiese beleid behoorlik van stapel te Stuur, was dit noodsaaklik dat ‘n behoorlike vervoerstelsel tot stand gebring word. Een van die vernaamste oogmerke was die onontbeerlike spoorlyn tussen Pretoria en Delagoabaai (huidige Maputo in Mosambiek).

Bou van die Pretoria-Delagoabaai-spoorlyn
Bou van die Pretoria-Delagoabaai-spoorlyn

Van sy ander beleidsrigtings was die aanmoediging van immigrasie vanuit Europa, veral uit Holland, maar hy het ook beperkings daarop geplaas om te voorkom dat die eie nasionaliteit van die inwoners van die Zuid-Afri.kaansche RepubIiek oorbeers word. Hy het ook ‘n Christelike, regverdige en beskawende beleid ten opsigte van die swartes voorgestaan om barbarisme tussen wit en swart te voorkom en daardeur die swartmense gelukkige inwoners van die repubIiek te maak. President Kruger het ook ‘n duidelike skeiding tussen die werksaamhede van die Kerk aan die een bot, en die werksamhede van die Staat aan die ander kmt uitgespel. Hy het ook die bevordering van’ Christelike onderwys voorgestaan.

President Kruger is deur Lord Derby na die ondertekening van die Londe Konvensie meegedeel (ofskoon die ooreenkoms nog nie deur die Koning bekragtig was nie), het hy nie die bevoegdheid gehad om ondertussen met vreemde state onderhandelings te knoop sonder die tussenkoms van die Britse regering nie. Hy het, in opvolgirig van hierdie vergunning, onverwyld stappe begin doen om die ideaal van ‘n Pretoria-Delagoabaai* spoorlyn, asook ‘n bank vir die republiek, te verwesenlik.

Back to top button