BlogsOpinion

Spietkops ’n kultuur wat uitsterf

“Nog ’n stukkie Afrikaner kultuur in sy maai,” seg die Engelsman vanwaar hy met die koerant en sy knertsie Whiskey en ‘eish’ ontspan.

“Nog ’n stukkie Afrikaner kultuur in sy maai,” seg die Engelsman vanwaar hy met die koerant en sy knertsie Whiskey en ‘eish’ ontspan.
Ek weet hy is besig om die koerantberig oor die wettiging van onbemande spoedkameras te lees, maar hoe hy kultuur en spoedkamears bymekaar bring, weet nugter alleen.

En hy borduur voort, “As die onbemande spoedkameras ’n instelling word en dit word op nasionale paaie gebruik, gaan jy nie meer ’n slapende spietkop onder ’n boom in ’n staatsvoertuig kry nie. En naas Namakwa se blommeprag is dit die mooiste gesig om te sien as jy teen 160km by so ’n spietkop verby jaag. Dit is enig in ons land en daarom is dit Suid-Afrikaanse kultuur.”

Hy neem nog ’n slukkie en gaan voort, “Waar in die hele wêreld kan jy as jy vir ’n spoedoortreding deur ’n spietkop gestop word en hy vra vir jou lisensie, jy in plaas van jou lisensie, ’n R200-noot in sy hand plaas. Dit is maar net eie aan Suid-Afrika dat die spietkop dan die noot in sy sak druk en sê ‘Goeie dag vir jou verder, meneer’. Dis mos egte Suid-Afrikaanse kultuur.”

En toe gaan my gedagtes terug na ’n staaltjie van Oom Gladdebek Grobler. Oom Gladdebek was ’n afgetrede mynwerker en op reis deur die Karoo toe ’n verkeersmotor van agter af gejaag kom en hom wys om te stop.

’n Meneer in uniform klim uit en toe hy by Oom Gladdebek kom toe sê hy, “ Meneer besef jy dat jy vinniger as die spoedlimiet gery het? Ek is ’n geregsbeampte en ek sal jou moet ‘ticket’ ”. Oom Gladdebek het die mannetjie so op en af gekyk en gesê, “Jongman ek is ’n prokureur en om my te vang moes jy ook seker, nes ek, die spoedgrens oorskry het. Gaan jy jouself ook ‘ticket?”

Die spietkop het verward gelyk, bietjie nagedink en toe gesê, “Oom kom ons ‘call it quits’. Lekker dag verder vir oom”?

“Ja” seg die Engelsman “Die spietkops en Suid-Afrikaanse kultuur is onlosmaaklik deel van mekaar. En om te dink met die koms van die onbemande spoedkameras sal ’n stukkie Suid-Afrikaanse kultuur verlore gaan.”

Back to top button