BlogsOpinion

Flentertjies papier

John Powell het ‘n boekie geskryf met die titel: “Why am I afraid to tell you who I am?”

John Powell het ‘n boekie geskryf met die titel: “Why am I afraid to tell you who I am?”

Die woorde van die boekie het my laat dink aan die maskers wat ons soms in die lewe dra. En ook die maskers wat ons vinnig opsit wanner ons op sosiale platforms klets.

Ek het tot die slotsom gekom dat elke masker twee kante het. Een om te beskerm teen die vrees vir verwerping en die een wat ons aansit wanneer ons aanval.

Die eerste masker is oorvriendelik en luidrugtig en tog in ’n onbewaakte oomblik skemer die onsekerheid deur.
Die ander is bitsig en venynig en maak ander seer sonder om aan die omvang van ons aanval te dink.
Dit laak my onwillekeurig dink aan iets wat ek juis op sosiale media raakgelees het.

’n Ou man het onwaarhede oor ’n jongman versprei. Dit het gelei tot die inhegtenisname van die jongman. Toe daar later uitgevind is dat die jongman onskuldig is het hy die ou man hof toe geneem vir naamskending. Die regter het aan die ou man gesê dat hy hom skuldig bevind, maar eers die volgende dag sou vonnis. Maar, hy het aan die ou man ’n stuk papier gegee en opdrag gegee dat hy die papier in fyn stukkies moet skeur en uit sy kar se venster gooi terwyl hy ry.

Die ou man het so gemaak en die volgende oggend vroeg opgedaag om sy vonnis aan te hoor. Die regter het hom gevra of hy asseblief al die flentertjies papiertjies bymekaar sal gaan maak en bring. Die ou man het gesê dis onmoontlik want die flentertjies papiertjies lê oral gestrooi.

“Juistement,” het die regter geantwoord net so word onwaarhede en kommentaar ook versprei en dis moeilik vir die ander persoon om dan sy eer te herstel.

“In ’n neutedop, sit ’n wag voor jou bek,” seg die Engelsman terwyl hy ’n slukkie van sy drinkdingetjie en ‘eish’ vat.

“Ons moet ook wagte voor ons penne, potlode en toetsborde sit en twee keer dink voor ons kommentaar gee oor ’n ander se doen of late,” seg hy met die wysheid wat oor die jare gekom het.

Ons vryheid lê nie in die rol wat ons moet speel nie, maar hoe ons die rol speel en watter masker ons dra. Maar partykeer is dit ’n ander se kommentaar wat maak dat ons nog ’n masker opsit en nog een en nog een

Back to top button