BlogsOpinion

Die groot water kom

Die oues van dae het mos altoos gesê, as dit na 10 Oktober op Paul Kruger se verjaarsdag reën, dan gaan ons goeie reent kry.

Die oues van dae het mos altoos gesê, as dit na 10 Oktober op Paul Kruger se verjaarsdag reën, dan gaan ons goeie reent kry.

Maar die kersies op Oom Paul se verjaarsdagkoek is al uitgeblaas en die koek net ’n lekker onthou gedagte, maar die reent is nog steeds weg.

Ek het bietjie gaan rondvra en die goue oues het die volgende met my gedeel.
Luister maar ook na die geroep van die Piet-my-vrou. As die voëltjie heeldag lank en vir paar dae aanmekaar roep kan mens ook maar weet reën is op pad.

Gaan kyk maar na die mierplaag. Klein miere lig ook hul neste dat dit soos klein molshopies bo die grond uittoring. Dan kan mens ook maar weet baie water en diep deurdringende water is op pad.

“Die ‘bottle-brush’ se oop blomme seg die reent is naby,” het antie Joeye gesê.
Oom Dries is seker dat die rysmiere ’n teken is dat die groot druppels sommer om die draai is.
So glo elkeen aan sy eie tekens in die natuur.

Daar is selfs ’n tannie wat sê die sekelmaan skep water as hy so skuins in die lug hang.
By die aftreeoord hang ’n Moses-in-die-mandjie plantjie.

“As die blomme groot oop is, is dit ook ’n teken van naderende reën. Hier waar ek sit, kan ek sien die blomme is groot oop. So al wat ek nou moet doen, is om dop te hou of die natuur se voorspelling reg gaan wees,” het die oom gesê en gevra om anoniem te bly want hy wil nie van sy stiggies uitdeel nie.

Oom Daan voel-voel so aan sy regterknie, die ou rugbybesering voorspel ook so ’n vogtigheidjie in die lug.
Word daar oor die wêreld se weerpatrone gepraat is dit duidelik dat die skaal heeltemal van balans af is. Aan die eenkant van die aarde woed siklone en tifone en aardbewings laat geboue in mekaar tuimel. Aan die ander kant verdor die aarde en kraak die lande soos oopgebreekte legkaart stukke.

Die Engelsman gooi nog so ’n stukkie ‘eish’ by sy knertsie en maak sy weervoorspelling, “Ek gaan gou my kar was, dan sal die groot reent kom….”

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button