BlogsEditor's noteOpinion

Geen ‘cupcakes’ vir Eugene nie

Eugene Khoza moet liewers nie ’n koffiewinkel in Emamwillielênie oopmaak nie. Hier gaan hy beslis nie ‘cupcakes’ verkoop kry nie.

Eugene Khoza moet liewers nie ’n koffiewinkel in Emamwillielênie oopmaak nie. Hier gaan hy beslis nie ‘cupcakes’ verkoop kry nie.
Eugene wat beroemdheid verwerf het met die Nedbank advertensie waar die bank hom leer om meer ‘savvy’ met sy sente te wees het die afgelope naweek tydens ’n komedie optrede, het inwoners goed die josie ingemaak.

Eugene al die perke oorskry tydens sy optrede en die spot gedryf met gestremdes.
’n Grap is ’n grap maar Eugene het die grap té ver gevat.

Daar moet onthou word dat Emmalahlênie eintlik ’n plattelandse stad is, en hier maak ons mense saak.
Toe Eugene begin met sy onsmaaklike grappe oor gestremdes het van die mense uitgestap en in die voorste linie was die Engelsman.
Word daar gepraat oor die gestremdes dink ek dadelik aan die inwoners van Huis Betsie Louw.

Dié groep mensies is van die met die fynste humor en raakvat sêgoed. As hulle eers weet waar jou sagte puntjie is, kan jy maar weet jy gaan deurloop onder hul kwajongstreke.

Ek weet die inwoners van Huis Betsie Louw het die reinste harte. Hulle is die engeltjies wat té hard geval het tydens hul ‘crash-landings’ en daarom is hul vlerkies geknak.

Maar hulle het nie vlerkies nodig om ons daaraan te herinner dat elke dag ’n geskenk is nie. As jy weer een van die afvlerk-engeltjies sien vat ’n paar oomblikke en gesels met hulle. Skielik sal jy besef dat jou wêreld soveel meer kleur het nadat hulle vierkantig in jou hartkamers ingeklim het.
“Ja, so is die lewe en sy ‘up-en-downs’. Party se grappe is ander se omstandighede,” het die Engelsman gesug en nog ’n eish by sy whiskey gegooi.

Eugene moet nie ’n uitnodiging van die Engelsman verwag om ’n knertsie whiskey met ‘eish’ te klink nie, want hy gaan lank wag. Sover is die enigste gas op die Engelsman se lys, wie ’n knertsie saam met hom  moet gaan geniet, Mr Fix-it, die administrateur wat geen grappies maak oor die toekoms van Emmawilielênie.

Back to top button