SK000465

ALGEMENE KENNISGEWING IN TERME VAN ARTIKEL 94 VAN DIE STEVE TSHWETE PLAASLIKE MUNISIPALITEIT SPLUM BYWET, 2016.
STEVE TSHWETE WYSIGINGSKEMA 158
Ons, KMC Geomatics (Reg No. 2008/017997/21), die gemagtigde agente van die geregistreerde eienaars van die Restant van
Erf 62 Kranspoort Vakansiedorp, gee hiermee kennis dat ons by die Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit aansoek gedoen het vir die wysiging van die Steve Tshwete Grondgebruikskema, 2019, vir die hersonering van n gedeelte van die Restant van Erf 62, gelee aanliggend aan die Weste van Gedeelte 26 van Erf 62, van “Privaat Oopruimte” na “Residensieel 1” ingevolge Artikel 67 van die Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit SPLUM by- wet,
2016, om die gedeelte met Gedeelte 26 van Erf 62 van Kranspoort Vakansiedorp te kan onderverdeel en daarna konsolideer. Besonderhede van die aansoek le ter insae gedurende gewone kantoorure by die kantoor van die gemagtigde Stadsbeplanner van die Plaaslike Munisipaliteit SADC- straat 14, Middelburg, 1055, vir `n tydperk van 30 dae vanaf
27 September 2024. Kontakbesonderhede van die gemagtigde Munisipale amptenaar: Mnr. Thuso – 013 249 7180. Besware teen-, of verto ten opsigte van die aansoek moet ooreenkomstig met Artikel 99 van die SPLUM by-wet, 2016, by bogenoemde adres ingedien word voor 28 Oktober 2024.
Enige persoon wat nie kan lees of skryf nie, kan met enige personeellid konsulteer gedurende kantoorure en hulp sal verleen word om die persoon se besware of kommentaar neer te skryf.
Adres van gemagtigde agent:
KMC Geomatics;

Krugerstraat 10, Groblersdal, 0470; Sel No: 082 929 8554;

admin@kmcgeo.co.za;
Verw. No: 62KP

Reference Number: SK000465

View All Classifieds View Legal Notices Entries

Back to top button