Local news

Patties se visier is in

Vergeet van William Tell, Patties se boogskuts weet hoe om te korrel.

Hoewel dit nog maar ʼn sport is wat in sy babaskoene staan, is Hoërskool Patriot se boogskietspan stadig maar seker besig om ervaring op te doen en hulle vaardighede te verfyn.

Die skool se boogskuts het onlangs deelgeneem aan groot kompetisies wat deur Kosmos Klub en Hoërskool Hoogenhout in Bethal aangebied is.

Zandrika Harrington, graad 8, het ʼn derde plek behaal in die hoërskool meisies-afdeling in die Hoogenhout-kompetisie met 245 en was in die Kosmos-kompetisie gesamentlik eerste met 263.

Zandrika Harrington.

Chris Sofianos, graad 11,  het tweede gekom in die afdeling vir hoërskoolseuns by Hoogenhout met 266 uit 300 en tweede in die Kosmos kompetisie met 276.

Owen Trachsel was tweede in die mansafdeling.

Mnr. Marius Bisset, die boogskietafrigter is baie trots op die boogskuts.

Het jy ’n storie om te vertel?

 

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

 

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

 

 

 

 

 

Back to top button