Local news

Tsakane spelers kry skrobbering van Ga-Nala se Saders

Die Saders Rugbyklub het die wen geneem vir die wedstryd op 25 Februarie teen die manne van Tsakane, Springs.

Saders Rugbyklub het geseëvier oor die span van Tsakane in ’n onlangse wedstryd in Ga-Nala op 25 Februarie.

Johan van der Westhuizen.

Die manne van Springs het die onderspit gedelf teen Saders se sterk verdedigingslinie en moes tevrede wees met ’n eindtelling van 29-7.

Tyron Dewar.

Die speler van die wedstryd titel is gedeel deur nommer 10, Calvin Mengel en nommer sewe, Pierre van Zyl.

Calvin Mengel.

Saders speel op 18 Maart in Mbombela in die ‘Pumas 10’ toernooi en op 25 Maart pak hulle Heidelberg om deel te neem aan die rugbydagspele daar.

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: InstagramTwitterWitbank News toepFacebook pageWitbank News Breaking

Back to top button