VLU Nocturne-tak bou vriendskappe en help waar hul kan

Dié tak het Donderdag, 2 Februarie vergader met die tema: ‘Vriendskap het nie ’n vervaldatum nie’.

Vriendskap het inderdaad nie ’n vervaldatum by die Vroue Landbou-unie (VLU) se Nocturne-tak toe hulle vroeër die maand in ’n gees van omgee en bystand vergader het nie.

Dié tak het Donderdag, 2 Februarie vergader met die tema: ‘Vriendskap het nie ’n vervaldatum nie’.

Buiten vir vriendskap, is daar geen twyfel dat die pret onder die dames ook nie verval nie.

Die vergadering het behoorlik gegons met opwinding en glimlagte toe die dames bietjie rondgeskommel is om langs ’n nuwe ‘vriendin’ te sit om mekaar beter te leer ken.

Só blom elkeen waar hulle ‘geplant’ is.

Die dames het nie net lekker gekuier nie, maar ook gesels oor en die profiel gelees van Germandt Geldenhuys.

Die groot verrassing het gekom toe Vikkie van der Merwe vir die dames ’n video speel met ’n persoonlike boodskap van Germandt, spesiaal vir die taklede.

Vir liefdadigheid het die tak se Februarie projek gefokus om sanitêre produkte te skenk vir die Help Hetta-projek van Solidariteit Helpende Hand.

Die tak het geen moeite ontsien om 117 pakkies te oorhandig vir die projek nie.

Die gemeenskap moet beslis hul oë oophou vir die Nocturne-tak, wie se vriendskap geensins te klein is om projekte aan te pak nie.

Deel gerus jou nuusbrokkies met ons: Telefoon 013 656 2490 of epos info@witbanknews.co.za

Jy kan ons ook op sosiale media volg InstagramTwitter Witbank News App

Exit mobile version