Local news

Familie groet Alida, ’n ma, vrou, skoonma en ouma

Die roudiens vind more om 14:00 vanuit die Ou Apostoliese Kerk, Tasbetpark plaas.

Die roudiens vir Alida Hester Jacoba van Rhyn (1957/05/06 – 29/11/2022) vind op 8 Desember om 14:00 vanuit die Ou Apostoliese Kerk, Tasbetpark plaas.

Alida laat haar man Koos, dogter Hanna, seuns Piet Smit en Bart van Rhyn, skoonseun Pieter en kleinkinders Ivané, Wandré en Zeandré na.

“Rus in vrede mamma, ons sal jou altyd onthou vir wie en wat jy was,” liefde, jou Nonnie.

Lydia Swanepoel (Nonnie), wil graag almal bedank wat bygedra het tot haar moeder se begrafnis en vir al die ondersteuning wat hulle as familie ontvang.

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: wtbnews@mweb.co.za Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: InstagramTwitterWitbank News toepFacebook pageWitbank News Breaking

Back to top button