Local news

Nicolien nooi ‘pêrel-vroue’ vir damesdag vir borskanker

‘Wees die vrou wat ’n ander inspireer, wat ʼn ander vrou welkom laat voel,’ het Mev. Mpumalanga finalis Nicolien Vorster, gesê.

Mev. Mpumalanga finalis Nicolien Vorster, het die maand ’n pienk en suksevolle damesdag vir borskanker aangebied by ’n plaaslike koffiewinkel.

Carina Venter, Nadine Jacobs en Sanmarie Guy.

Die pienk vrolikheid het soos ʼn pêrel begin glinster om en by 10:00 op 26 November, toe vroue met n tikkie pienk en pêrel mekaar verwelkom en ʼn drankie aanbied.

Die dames het die geleentheid bygewoon teen R550 elk.

Lynette Kruger en Marie van der Walt.

Die dames het heerlik geëet, koffie, tee en sap gedrink, en afslag koopbewyse ontvang. Dié was gevolg deur bewusmaking van borskanker en die dames het ook gesondheids lewensafrigting, verslankingswenke en -produkte ontvang.

Alma Wilken, Isabel Booyens en Anel Kiley.

Na die verrigtinge het die dames ook geleentheid ontvang om lekker te ‘shop’ en kaartfasiliteite was beskikbaar vir die opwindende inkopies.

Shirley Cooper, Nicolien Vorster en Christelle Weir.

Met die glimlagte en ondersteuning vir mekaar onder die pêrel-vroue, is daar geen twyfel dat Nicolien ʼn finalis is wat weet hoe om dames bymekaar te bring in ’n gees van vroulikheid nie.

“Wees die vrou wat ’n ander inspireer, wat ʼn ander vrou welkom laat voel. Wees ’n vrou wat die minste is, wat sal help om drome te bereik, wat meer doen as wat verwag word. Wees ’n vrou wat vrouwees uitbeeld,” het Nicolien ten slotte gesê.

Margerie Maartens, Nicolien Vorster en Corlette Rochat

Gemeenskapslede moet hul oë op die Mev. Mpumalanga-kompetise hou, want Nicolien hou nie terug om te glinster soos ’n helder en pienk pêrel nie.

 

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: wtbnews@mweb.co.za Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: InstagramTwitterWitbank News toepFacebook pageWitbank News Breaking

Back to top button