Local news

Geloftedag word op Balmoral herdenk

Geloftedag word reeds sedert 1937 in die Ogies-omgewing herdenk, vind vanjaar plaas op 16 Desember om 08:30 by Laerskool Balmoral.

Geloftedag word reeds sedert 1937 in die Ogies-omgewing herdenk en hierdie jaar is geen uitsondering nie.

Die Ogies/Balmoral Geloftefees vind op 16 Desember by Laerskool Balmoral plaas.

Die program begin om 08:30 met samesang, onder leiding van Leon Nel van die NG Kerk, Witbank Suid-gemeente, waarna die verwelkoming en opening onderskeidelik deur Louw Potgieter (voorsitter van die Ogies/Balmoral Geloftefees-komitee) en Leon Nel gedoen sal word. Die lees van die Gelofte word deur Gert Joubert hanteer.

Daar is onder meer ’n DVD-vertoning oor die Slag van Bloedrivier en ’n skiet-demonstrasie deur Ed Rossiter met ’n 25-ponder kanon wat sal deel uitmaak van die verrigtinge.

Daar is verskeie samesang-items ‒ veral kinders word aangemoedig om deel te neem (elke kind ontvang ’n deelname-sertifikaat).

Heerlike gebraaide boerewors en verversings sal gratis voorsien word.

Let asseblief daarop dat donasies opgeneem sal word vir die Geloftefeesfonds.

“Hierdie Gelofte van 184 jaar gelede is deel van die Afrikaner-geskiedenis. Kom gedenk die dag saam met ons,” het Louw genooi.

Vir enige navrae of meer inligting kan u vir Louw skakel: 082 356 9602.

 

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: wtbnews@mweb.co.za Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: InstagramTwitterWitbank News toepFacebook pageWitbank News Breaking

 
Back to top button