Local news

Clewer inwoners bly nou in stink straat

Clewer inwoners sien al rooi oor die ontvoldoende diens lewering.

Mense wat nou al baie jare in Clewer woon, praat graag oor die goeie ou dae.

Paaie was elke Vrydag geskraap en die sypaadjies was beplant met die mooiste Dennebome.

Die nuutste pyp wat gebars het.

Die inwoners kan egter nie meer dieselfde sê nie. Dienslewering of die tekort daaraan, is vir hulle nou ʼn groot doring in die vlees.

Windsorweg-Oos, Clewer.

’n Rioolpyp het die afgelope maand verstop en gebars in Windsorweg-Oos. As gevolg van die blokkasie is die rioolwater al binne in inwoners se erwe.

Wykraadslid voorsitter van die DA, Chris Vermaak en inwoner George Mabena.

Stormdreine is só geblok as gevolg van die baie deurdringende reën dat een van die inwoners op Clewer, mnr. George Mabena self die drein moet oograwe omdat die stink rioolwater in sy erf invloei.

“Ons het al rondgeskakel, daar word gevra om foto’s te neem en aan te stuur, maar dan gebeur daar geen werk nie,” het George gesê.

Wyksraadslid Annah Mtsweni sê dat die probleem al opgelos is, maar inwoners kla nog steeds oor die pyp wat net weer oopbars as gevolg van die blokkasie.

George Mabena wys hoe die rioolwater voor sy woning opdam.

Tannie Susan Greyling en haar man Oom, bly nou al van 1970 af in Clewer.

“Die munisipaliteit antwoord nooit hul landlyn nie. Partykeer na vier of vyf uur in die middae dan sal hulle my miskien antwoord. Die selfoonnommer wat ons skakel, gee geen antwoorde of hulp nie. Die stemposboks is vol en kan nie meer boodskappe aanvaar nie,” het Tannnie Susan gesê. Die inwoners sê ook dat jy die stadsraad kan bel tot jy blou in die gesig is en niks sal gebeur nie. “Van agtuur die oggend tot vyfuur die middag, hulle antwoord nooit. In die verlede as ons hulle gebel het, dan het hulle gekom en dit was ʼn dag of twee dan was dit weer toe en reggemaak,” het Tannie Susan verduidelik. “Die blokkasie in Robertsestraat veroorsaak dat die dreine nou toe is hier.”

Inwoners vermoed ook dat daar nóg ʼn blokkasie op die hoek van Winsorweg-Oos is.

Die riool stoot op en die pype lek tot binne in George Mabena se woning.

“Die water eindig op in Brugspruit en vloei op die ou einde af in Loskopdam,” het Oom Ben gesê.

Inwoners het nou al met die Demokratiese Alliansie (DA)in kontak gekom nadat hulle nie gehelp kon word by die munisipaliteit nie.

Die een stormwaterdrein wat geblok is wat meneer Mabena gereeld moet oopgrawe.

Wykraadslid voorsitter vir die DA, Chris Vermaak het gesê dat die situasie nie goed lyk nie.

“Die inwoners hier bel elke dag maklik vyf keer om hulp, en ek ook. Die riool kan nie eers in die waterdreine afloop nie weens blokkasies. Ek kan vir jou ʼn paar plekke gaan wys waar die stormdreine se deksels gesteel is. Hulle staan net so oop en almal gooi vuilgoed daar binne in,” het Vermaak gesê. “As die munisipaliteit net bietjie die mense van Clewer sal onthou en die werk doen wat gerapporteer word, dan sal dinge baie verbeter. Die munisipaliteit moet mense aanstel vir Clewer, mense wat hier bly wat aangestel kan word om Clewer in stand te hou en vullis op te tel,” het Vermaak afgesluit.

Diere drink van die vuil water.

WITBANK NUUS het uitgereik na munisipale woordvoerder mnr. Lebo Mofokeng, maar wag nog vir kommentaar.

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: wtbnews@mweb.co.za Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: InstagramTwitterWitbank News toepFacebook pageWitbank News Breaking

You can read the full story on our App. Download it here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button