Local news

Boeties piekfyn na fietsongeluk

Alhoewel Marno in pyn gekneus en in speke, het hy die paramedikus herinner dat hy Dinsdag, 11 Oktober by die skool moet wees.

’n Vroegoggend fietsrit vir Marno (9) en Wessels Scheepers (14) vroeër die week het nie verloop soos hulle beplan het nie.

Marno het sy voet sleg gekneus en Wessel het sy skouer seergemaak toe hulle op 10 Oktober met hulle fiets geval het in die systraat langs OR Tamboweg.

Wessel het die fiets gery en Marno het agter opgesit. Volgens Marno het sy bene moeg geraak en het hy hulle laat sak.

Marno Scheepers (9) se voet is Maandag, 10 Oktober sleg gekneus nadat hy met sy fiets geval het.

Met dié is sy een voet in die bewegende agterwiel se speek ingetrek.

Dié moes eers afgesny word om sy voet los te kry.

Legacy Ambulansdienste was gou op die toneel en met ’n dun stemmetjie wou Marno by mnr. Gavin Cooper, paramedikus weet of sy voet afgesny gaan word.

Gavin het hom diep in sy oë gekyk en gesê, “nie op my ‘watch’ nie”.

Marno het die ambulansmanne ook herinner dat die skool Dinsdag, 11 Oktober begin en hy was vasbeslote om skool toe te gaan.

Toe die medikasie sy werk doen, het die ambulansmanne die speke een vir een losgesny, die voorwiel se vurk uitgedruk en Marno se voet uitgehaal. Beide die boeties is na Witbank Hospitaal geneem.

Hulle is later die middag ontslaan.

Die twee se mamma, me. Maryka Scheepers het almal bedank wat gestop het om haar twee woelwaters te help.

“Ek is net dankbaar die twee het met hulle fiets valhelms aan gery. Ons is baie streng op veiligheid en was dit nie vir die valhelms nie, sou hul beserings erger gewees het,” het Maryka gesê.

 

Deel jou nuusbrokkies met ons per Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za of volg ons op sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

You can read the full story on our App. Download it here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button