‘Reset’ die probleme

Ons het almal ’n ‘reset’ knoppie.

Dit is net partykeer dat iemand se woorde om en om in jou kop maal. Die woorde ‘reset’ jou lewe, het die naweek twee keer in ’n gesprek opgeduik.

My kop het rondomtalie gedraai met die woorde op die voorstoep van my gedagtes.

Ons lewe word keer op keer tot stilstand geroep wanneer probleme kop uitsteek.

Pastoor Ryan Langkilde het dit so mooi tydens ’n diens gesê toe hy die lewe met ’n enjinliggie in jou kar vergelyk het.

Dit kom daarop neer dat die probleem in die enjin dikwels reggemaak kan word, maar as jy inklim, grynslag die enjinliggie weer vir jou. Al wat die handelaar moet doen, is die kar se rekenaar ‘reset’.

Is dit nie ook wat ons moet doen nie?

Ons het kitsoplossings vir probleme, maar as ons nie ‘reset’ nie, gaan die ‘liggie’ ons bly irriteer elke keer as ons agter die stuurwiel van die lewe inklim.

Dit laat my onwillekeurig aan die mislikepaliteit se politieke selfmoord dink. Dis ’n kitsoplossing om die skuldinvorderaar die trekpas te gee.

Daar is ’n kosmiese aantal antwoorde as ek vinnig dink aan ’n oplossing vir die probleem met wanbetaling, maar tot en wyl die groot honde nie agter die rekenaar gaan inskuif en die ‘reset’ knoppie druk nie, is ek bevrees gaan hulle opgesaal sit met ’n meervoud van probleme.

“Wat ons ‘kragteloos’ gaan laat,” het die Engelsman ook sy gebruiklike ‘eish’ in die glas gegooi.

 

Deel jou nuusbrokkies met ons Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

 

 

Exit mobile version