Die Hoër Tegniese Skool (HTS) het die wonderlike geleentheid gehad om as gasheerskool op te tree vir die Aardklop Pronk Podium Toneelfees.
Vier Hoërskole met altesaam agt toneelstukke het tussen 8 en 10 Augustus aan dié toneelfees deelgeneem en bekendes in die vermaakbedryf het as beoordeelaars opgetree.
HTS spog met ongelooflike tienertalent en het hierdie jaar ‘n toneelstuk getiteld: ‘Te hel met die maan’ vir dié toneelfees ingeskryf.
Dié toneelstuk het ’n rits toekennings en spesiale toekennings ingeryg nadat die Bloues se toneelspan op elke gebied hul merk gemaak het
HTS het algeheel derde geëindig nadat hul met Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Generaal Hertzog en Hoërskool Hugenote dit op die verhoog uitbaklei het.
‘Te hel met die maan’ ontvang die volgende toekennings:
Brons – regie: me. M Joubert
Silwer – spel: Luan van den Heever
Silwer – spel: Damian Mckay
Silwer – spel: Kyla Prinsloo
Silwer – ensemble spel: Luan van den Heever, Damian Mckay, Rozaan Erasmus, Kyla Prinsloo en Rethabile Puwane.
Silwer – verhoogbestuur: mnr J. Wessels
Brons – klankoperateur: Jonathan Wallis
Brons – beligtingsoperateur: Jonathan Wallis
Silwer – verhooghulp: Ruan Cornelius, Yano Uys, Thokozani Mahlangu, G.J. Verster, Daniel Gerber, Ruben Cawood, Reuben van der Merwe, Zandre du Plessis, Tiaan de Koker, Krynauw van der Westhuizen, Quinlin van der Walt en Ricardo van Zyl
Silwer – kostuums: me. M. Joubert
Silwer – grimering: me. R. Dreyer en Yolanda Massyn
Brons – klankbaan: me. M Joubert
Silwer – stelontwerp: me. M Joubert
Semi-finaal – (derde plek).
Spesiale benoeming: Damian Mckay
Beste ondersteuningsrol aktrise: Kyla Prinsloo
Algehele beste akteur: Luan van den Heever.
HTS Witbank spog met ongelooflike talent en is beslis die Voorloper-kultuurskool!
Deel jou nuusbrokkies met ons
Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: info@witbanknews.co.za
Of volg ons op sosiale media platforms
Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking