Local news

Wie is die vrou op die Zello noodkanaal wat blykbaar met min slaap kan klaarkom?

Dié stem agter Zello se beheerkamer is in haar hand. As sy haar selfoon by haar het kan sy enige noodsituasie hanteer.

Het jy al gewonder hoe lyk die ‘stem’ wat altyd die noodroepe op Zello hanteer?

Me. Annemarie Bouwer, die stem aan die ander kant van die noodkanaal het geduldig geluister toe boodskappe deurkom na die onlangse protesaksies.

Terwyl die stemboodskappe oor die kanaal weergalm weet sy reeds presies wie om te kontak vir bystand.

WITBANK NUUS het bietjie by Annemarie gaan inloer en ook ’n koppie koffie het sy meer van haarself vertel.

Wat lesers nie weet nie is dat die pragvrou ’n reservis was op haar tyd.

Die adrenalien het die ritme van haar hart in ’n sneltrein verander op elke toneel wat sy bygewoon het.

Haar liefde vir die manne en vroue in blou leef sy nou uit op die kanaal en sy ryg een moord en speurverhaal na die ander in.

Haar hartsvriendinne stem saam sy is sonskyn in ’n mens vasgevang.

In die onderstebo wêreld is Annemarie se stem dikwels die reddingsboei, die enigste anker tussen jou en die noodsituasie.

Gaan lees gerus meer oor die stem agter Zello in dié week se uitgawe van WITBANK NUUS.

Deel jou nuusbrokkies met ons

Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op sosiale media platforms

Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Back to top button